Baie lae gety ontbloot skaars fossiel

2011-08-02 08:05
Tweets Share Share line Print

Anchorage – Die fossiel van ’n skaars dinosourus wat soos ’n groot akkedis gelyk en in die see geleef het, is vroeër vanjaar toevallig tydens ’n besonder lae gety deur geoloë op ’n strand in Alaska ontdek.

Wetenskaplikes, wat met geologiese opnames besig was, het die fossiel van ’n prehistoriese mariene reptiel, bekend as ’n Thalattosourus, aan die kus van die Tongass-nasionale woud gevind.

Dit is die volledigste fossiel van ’n Thalattosourus wat nog in Noord-Amerika gevind is. Thalattosourus beteken “see-akkedis”.

Dié soort dinosourusse, wat langer as ’n lang man kon raak en lang sterte gehad het, het in die vroeë dae van die dinosourusse in warm, vlak waters geleef en aan die einde van die Triassiese tydperk (sowat 200miljoen jaar gelede) uitgesterf.

“Ons was buite besig om ons eerste koppie koffie te geniet, toe iemand skielik vra: ‘Wat is daai?’” het mnr. Jim Baichtal, ’n geoloog van die Amerikaanse bosboudiens (USFS), oor die ontdekking gesê.

Die fossiel is in Junie opgegrawe en word sedertdien by die Museum van die Noorde by die Universiteit van Alaska in Fairbanks bestudeer om vas te stel of dit ’n nuwe spesie is.

Baichtal het gesê daar is slegs sowat ’n dosyn volledige Thalattosourus-fossiele in die wêreld. Die waarskynlikheid dat dié een ’n nuwe spesie verteenwoordig, is dus “redelik hoog”.

Met dié see-akkedis se afsterwe was die betrokke streek van Alaska naby aan die ewenaar geleë en het dit ’n tropiese klimaat gehad.

“Dit was ’n warm, vulkaniese eiland, baie soos Hawaii,” het Baichtal gesê. “Die Thalattosourus het waarskynlik in die sediment vasgeval en kon nie weer daaruit nie.”

Alle Thalattosourusse het gewebte tone gehad, maar sommige het skerp tande gehad om vis mee te vang, terwyl ander plat tande gehad het om skulpe mee stukkend te pers.

Wetenskaplikes beplan om na die opgrawingsterrein terug te keer om die fossiel se skedel, wat nog nie opgespoor kon word nie, te probeer vind.

Volksblad

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

Lees meer oor: wetenskap  |  fossiele

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.