‘Babavet’ is gevaarlik, sê kenner

2011-10-12 09:55
Tweets Share Share line Print

Dit is nonsens dat ’n kind sy babavet sal ontgroei – daar moet iets aan gedoen word.

Dié slegte nuus vir diegene wat al by die 30 of ouer trek en steeds glo die “babavet” sal vanself kwyn, kom van Hans de Ridder, direkteur van die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap aan die Noordwes-Universiteit.

Hy was aan die woord tydens ’n lesing wat deur die Suid-Afrikaanse Vereniging van Wetenskapjoernaliste (Sasja) aangebied is.

De Ridder het gesê vir hom is een van die skokkendste syfers dat sowat 17,6 miljoen kinders jonger as vyf jaar wêreldwyd aan vetsug ly.

“Mense lag dit af en sê dit is net babavet.

“Dit is nonsens. Sodra ’n baba begin kruip en loop, moet dié vet verdwyn.

“’n Kind ontgroei ook nie vet nie. Dit is onwaar.

“Die ouer moet iets daaraan doen omdat vetsug ’n ingewikkelde siekte met omgewings- en genetiese faktore is,” het De Ridder verduidelik.

Kinders in Suid-Afrika kyk gemiddeld vier uur per dag televisie en omdat dit onveilig is om buite te speel, word baie selfs toegesluit in hul huise terwyl die ouers by die werk is, het hy gesê.

Die uiteinde van vetsug is kinders wat geboelie en sosiale randfigure word en dit lei tot aggressie, depressie en selfs selfmoord, het De Ridder gewaarsku.

De Ridder het skole gekritiseer wat net aandag gee aan hul eerste en tweede sportspanne.

“Wat van die res?

“Jy is eintlik nie deel van fisieke aktiwiteit as jy nie in dié spanne is nie.

“Sport behoort nie net vir die top-presteerders te wees nie”.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.