Babas huil in eie taal

2009-11-06 15:08
Tweets Share Share line Print

Parys - Babas hoor en neem taal in die baarmoeder reeds in, en huil dus van meet af aan in hul eie taal, het onlangse navorsing bevind.

'n Ondersoek na die geluide van Duitse en Franse babas het onlangs getoon dat pasgebore kleingoed se geluide nie so universeel is soos voorheen vermoed nie.

Navorsing het al vroeër bewys dat 'n menslike fetus teen die derde trimester van 'n swangerskap klanke uit die buitewêreld, veral musiek en spraak, memoriseer. Maar selfs al kon hulle die verskille tussen toonhoogtes en stemme uitken, was dit nie bekend dat babas dié verskille verbaal kon uitspreek nie.

Die Duitse en Franse navorsingspan, onder leiding van Kathleen Wermke van die Wurzburg-universiteit in Duitsland, het egter dié aanname verkeerd bewys.

Wermke en haar span het die klanke van 60 gesonde babas tussen die ouderdomme van drie en vyf dae opgeneem en ontleed.

 Helfte van die babas het aan Duitse families behoort en die ander helfte aan Franse gesinne.

Volgens die navorsing, wat in die November-uitgawe van die Amerikaanse tydskrif Current Biology gepubliseer word, was dit duidelik dat die toon en melodie van die babas se gehuil deur hul ma's se taal, oftewel hul moedertaal, beïnvloed is.

Pasgebore Franse babas se toon styg wanneer hulle huil, terwyl Duitse babas met 'n dalende stemtoon huil, het die studie bevind.

Wermke het Vrydag in 'n verklaring gesê die navorsing beaam hoe belangrik dit is dat babas huil om hul taal te begin ontwikkel.

Die navorsing ondersteun ook die idee dat sekere beperkinge in taalontwikkeling op 'n jong ouderdom moontlik eerder fisies as kognitief van aard mag wees.

- Sapa-AFP
 

Lees meer oor: kinders  |  navorsing

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.