Baba-dolfynsterftes styg langs die Golfkus

2011-02-23 13:50
Tweets Share Share line Print

Biloxi, Mississippi - Marienewetenskaplikes ondersoek die dood van 26 babadolfyne wat langs die Amerikaanse Golfkus uitgespoel het, meestal sedert verlede week, het navorsers gesê.

Die skrikwekkend hoë aantal dooie jong dolfyne word as ’n moontlike gevolg van die BP-olieramp in April verlede jaar ondersoek.

’n Beraamde 5 miljoen vate olie is oor meer as drie maande in die Golf van Mexiko gemors.

Die lyke van 26 baba en doodgebore dolfyne is sedert 20 Januarie op eilande, in moerasse en op strande langs die kus tussen Oos-Louisiana en die Golfkus in Alabama gevind, het amptenare gesê.

Dit is meer as tien maal die getalle wat normaalweg in hierdie areas gedurende hierdie tyd van die jaar uitspoel.

Dit is tans kalfseisoen vir sowat 2 000 tot 5 000 dolfyne in die streek, het die direkteur van die Instituut vir Marienesoogdier Studies in Gulfport, Moby Solangi, gesê.

Meeste van die karkasse, wat sowat 1 m in lengte is, is tydens die afgelope week gevind, waar hulle meestal in Mississippi en Alabama voorgekom het.

Die oorblyfsels van sowat 10 volwasse dolfyne, nie een van hulle swanger wyfies nie, is ook tot dusver hierdie jaar gevind.

“Wat dit eienaardig maak is dat die dolfyne oor so ’n groot area versprei is,” het Solangi gesê.

Dolfyne wat olie op die water se oppervlak teëkom sal ernstige gesondheidsgevolge in die gesig staar, het Solangi gesê.

Gedokumenteerde sterftes onder die volwasse dolfynbevolking van die Golfkus het ongeveer verdriedubbel in vergelyking met verlede jaar.

Van sowat 30 in ’n gegewe jaar na 89 in 2010, het Solangi gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

Lees meer oor: dolfyne  |  bp-olieramp

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.