Australiërs "leef" in kuberruim
2010-03-05 05:31
Sydney – Australiërs is die webgebruikers wat voor in die tou staan as dit kom by die gebruik van sosiale netwerke en elkeen spandeer glo gemiddeld sewe ure ‘n maand op sosiale netwerke.
Dié aantal ure klink dalk nie na baie nie, maar dit is ‘n gemiddeld vir al Australië se webgebruikers, insluitende diegene wat geensins sosiale netwerke gebruik nie.
Volgens die webblad Nielsen se navorsing gebruik Australiërs sosiale netwerk meer as Amerikaners, Britte en Japannese. Wêreldwyd is die gemiddeld vir die aantal ure wat op sosiale netwerke spandeer woord sowat vyf en ‘n half ure.
www.ioltechnology.co.za.