Australië: Teleskope staan ná kommer oor brande
2013-01-14 13:16
Video - Veldbrande woed in Australië
Kyk hier na beeldmateriaal van veldbrande wat in verskeie dele van Australië woed ná 'n intense hittegolf in die land.
KYK
Sydney – Teleskope by die Siding Spring Observatory in Nieu-Suid-Wallis, Australië is nié in die verwoestende veldbrand wat die afgelope naweek deur dié gebied getrek het, vernietig nie.
Dit volg ná kommer vroeër dat dié bekende navorsingsfasiliteit in die slag kan bly.
Die Siding Spring Obeservatory, Australië se top-navorsingsterrewag, wat $105 miljoen (sowat R915 miljoen) gekos het, huisves teleskope wat deur wetenskaplikes van oor die wêreld heen gebruik word.
Hoewel 33 huise in die brand vernietig is en die kompleks self beskadig is, blyk dit dat die Anglo-Australian Telescope (AAT), die hoofteleskoop, nie deur die vlamme beskadig is nie, het Nieu-Suid-Wallis se brandweerdiens gesê.
Altesaam 18 personeellede by die sterrewag is vroegtydig ontruim.
Instrumente by die hoofteleskoop het getoon dat temperature tydens die brand tot hoër as 100 grade Celsius gestyg het.
Die brand was een van 170 veldbrande wat Maandag oor Australië heen gewoed het.
Sowat 500 000 hektaar is verlede week in die brande vernietig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP