Asemtoetser ná verbeterings weer ingespan

2011-10-17 09:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die omstrede Dräger-asemtoetser sál ná verbeterings weer gebruik word om dronkbestuurders vas te trek.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, Robin Carlisle, het ’n brief van sy nasionale ampsgenoot, Sibusiso Ndebele, aan die media uitgereik waarin laasgenoemde die gebruik van dié asemtoetser steun.

Regter Nathan Erasmus het verlede maand in die Wes-Kaapse hooggeregshof beslis die Dräger-toestel, ’n asemtoetser wat in Duitsland vervaardig is, se kalibrasie en verifiëring moet noukeurig verbeter word.

Slegs ’n bloedtoets sal voorlopig wettiglik aanvaar word wanneer mense vir dronkbestuurtoetse afgetrek word, het Erasmus bevind.

Die toetssaak om die betroubaarheid van die Dräger-asemtoetser te bepaal is in Junie voor Erasmus aangehoor.

Dit het slegs betrekking op sake in die Wes-Kaap.

Ndebele het in sy brief geskryf die nodige veranderinge aan die toestel sal so gou en deeglik as moontlik aangebring word.

“Sodra dit voltooi is, is daar geen wegkruipplek meer vir dronkbestuurders nie,” het Ndebele geskryf.

Hy het Erasmus ook vir sy uitspraak geloof en meen dit gaan ’n stewige grondslag lê vir geregtigheid wat padveiligheid betref.

“Diegene wat gevang word dat hulle bestuur terwyl hulle oor die wettige alkoholperk is en probeer om geregtigheid te ontduik, sal nie troos in dié uitspraak vind nie,” het hy bygevoeg. 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: dronkbestuur  |  tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors controler

Durbanville, South Africa
Exceed HR
R15000 - R20000

Technician

Cape Town, South Africa
Executech
Market Related

VB C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

BMW

330i SPORT AT (E90)
2011
R 429,990.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.