'Arm' lande moet bydra

2011-12-05 09:18
Tweets Share Share line Print

Durban – China, Indië, Brasilië en Suid-Afrika, die sogenaamde Basic-lande, moet erken dat hulle nie meer arm, ontwikkelende lande is nie en moet ook geldelik bydra tot die Groen Klimaatfonds (GKF) van R800 miljard per jaar.

Dié aandrang deur die wêreld se ontwikkelde lande van Europa, Amerika, Kanada en Japan is tans een van die knelpunte in die onderhandelings op die COP17-beraad.

Die Basic-lande verwerp die ryk lande se siening en hou hier vol dat hulle slegs ontvangers van geld uit die GKF moet wees terwyl hulle hul ekonomiese agterstande uitwis.

Hulle verwerp ook die gebruik van ’n land se Bruto Nasionale Produk (BNP) as maatstaf om sy bydrae tot die GKF te bepaal.

Van die Basic-lande is China volgens sy BNP, ná Amerika, reeds die naasrykste land ter wêreld. Brasilië is sewende op dié lys, een plek hoër as Italië, gevolg deur Indië in die negende plek–net ryker as Kanada.

Suid-Afrika is 29ste op die wêreld se BNP-ranglys, 2 plekke beter as Denemarke.

Daarteenoor dring die Basic-lande daarop aan dat hul bevolkingstal (China – 1,45 miljard; Indië – 1,35 miljard, Brasilië – 190 miljoen; Suid-Afrika – 50 miljoen mense) en ook die agterstande in hul onderontwikkelde ekonomieë as maatstaf gebruik word vir finansiering vanuit die GKF. Volgens syfers wat vir dié doel op COP17 gebruik word, is Indië 140ste, China 97ste, Suid-Afrika 73ste en Brasilië 59ste op die lys van die wêreld se armste bevolkings.

Die ontwikkelde lande, waarvan verskeie tans ernstige ekonomiese insinkings beleef, het hulle nietemin in Durban verbind tot die aanvang-finansiering van die GKF.

Volgens ’n lys van bevestigde bydraes wat gister op die COP17-beraad bekend gestel is, gaan Japan in 2012 altesaam R77,6 miljard tot die GKF bydra. Amerika beloof R62,4 miljard, gevolg deur die Europese Unie met R25,3 miljard. Kanada dra R3,5 miljard by. Verskeie EU-lidlande dra, benewens hul aandeel in die EU-skenking, nóg groot aanvanklike bedrae by. Swede is die enkele grootste skenker, gevolg deur Noorweë, Brittanje en Frankryk. Selfs Griekeland stel R48,4 miljoen aan die GKF beskikbaar.

Daarteenoor lewer geen van die Basic-lande ’n bydrae nie. Twee van die vier, Suid-Afrika en Indië, word egter as groen geldhulp gelys.

Op kort termyn, terwyl daar besin word oor watter instelling die GKF sal bedryf, sal Suid-Afrika en Indië hul aanvanklike groen finansiering regstreeks van die Noorweegse regering kry.

Na verneem word, is China ontevrede dat Indië reeds uitgesonder word om bystand uit die GKF te kry. Die Argentynse afvaardiging is glo deur die COP17-sekretariaat gevra om in die geskil te beding.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

BMW

330i SPORT AT (E90)
2011
R 429,990.00

FORD

Ranger 2.5TD Hi-Trail D-Cab Dsl PU MY09
2009
R 199,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.