Apple werk glo aan iTV
2011-11-28 10:11
Londen – Die tegnologiereus Apple werk glo aan ‘n televisiestel wat gebruikers in staat sal stel om dit met hul stem en handgebare te beheer.
Die Japanse elektronikavervaardiger Sharp is gevra om die skerms vir die toestel te vervaardig, berig die Britse koerant The Guardian.
Mededingers in die bedryf skarrel om uit te vind waartoe die nuwe toestel alles in staat is, het die ontleder Peter Misek gesê.
“Hulle hoop om nie dieselfde paadjie as ander industrieë te loop waar Apple ander mededingers uitoorlê het nie,” het hy gesê.
Toestelle wat die gebruiker se stem herken is egter niks nuut nie. Microsoft se toestel Kinect vir die Xbox laat gebruikers toe om speletjies te speel en kontrole met die stem en handgebare te beheer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.