Apple tevrede met minder in tabletrekenaar-mark
2012-11-05 14:45
New York – Apple se aandeel in die vinnig groeiende mark vir tabletrekenaars is besig om te krimp, het die tegnologiewebwerf Mashable Maandag berig.
Die tegnologiereus se markaandeel het in die derde kwartaal van die jaar gedaal na 50,4%, na dit in dieselfde periode verlede jaar by 59,7% gedraai het.
Samsung, daarenteen, se markaandeel het oor dieselfde tydperk aansienlik gegroei, met 'n styging van 6,5% na 18,4%.
Amazon is in die derde plek, met 'n markaandeel van 9%, terwyl Asus 8,6% van die mark het, en Lenovo 1,4%.
Samsung het in die derde kwartaal van die jaar 'n totaal van 5,1 miljoen tabletrekenaars versend. Dit is 115% hoër as die syfer vir die tweede kwartaal.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.