Apple se aandeelprys val ná iPhone-aankondiging
2011-10-05 12:39
New York – Die tegnologiereus Apple se aandeelprys het Dinsdag ná die bekendstelling van sy nuwe iPhone 4S met 0.6% na $372.50 (sowat R3 028) geval.
Die kragtige, vinnige iPhone 4S is uitgerus met ‘n nuwe dubbelmikroskyfie en ‘n 8-megapixel-kamera, maar verskeie ontleders het ‘n meer dramatiese opgradering, ‘n iPhone 5, verwag.
“Verwagtinge oor Apple se produkvrystellings raak al hoe meer onrealisties,” het Channing Smith van Capital Advisors Growth, wat Apple-aandele besit, gesê. “Wat verwag aandeelhouers?”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP