Apple oorweeg skokbrekers vir iPhone, iPad
2011-11-18 10:10
New York – Onlangs ontdekte patentaansoeke wys die tegnologiereus Apple oorweeg klein lugsakke om die glas van sy toestelle teen skade te beskerm.
Die aansoek vir die patentreg is glo in 2010 ingehandig, berig Digital Trends.
Een manier waarop die patent gebruik kan word om die leeftyd van Apple se toestelle te verleng is om die glas te versterk. Hoe dunner die toestel word, hoe dunner is die glasskerm en hoe makliker is dit breekbaar.
Aluminium-silikaat, bekend as Gorilla Glass, is ook voorgestel as ‘n soort skokabsorbeerder.
Nog ‘n voorstel is die gebruik van ‘n sensor wat kan optel wanneer die toestel laat val is. Die glas sal dan skuif om skade te voorkom.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.