Apple: Opvangs-kwessie nie sagteware-probleem
2010-07-10 01:18
Londen – Apple het gesê dat die kwessie met die iPhone 4 se opvangs ‘n probleem met die hardeware is en dat dit nie reggestel sal word deur ‘n komende sagteware-opgradering nie.
Verteenwoordigers van Apple se kliëntedienstespan, Apple Care, het aan Gizmodo bevestig dat die opdatering van sagteware ‘n kwessie met die iPhone, wat die verkeerde hoeveelheid strepies vir opvangs tentoonstel, sal regmaak.
Dit sal wel nie ‘n wydverspreide probleem, rakende die sein wat verlore gaan wanneer die gebruiker se linkerhand een van die foon se antennas bedek, regstel nie.
Lees meer by die Telegraph
Volg Nuus24 op Twitter