Apple: 5 milj digitale boeke afgelaai
2010-06-08 02:59
San Francisco - Meer as vyf miljoen digitle boeke is afgelaai sedert verkope van Apple se iPad-tabletrekenaar twee maande gelede begin het, het Steve Jobs, uitvoerende hoof van Apple, Maandag gesê.
Jobs het in sy toespraak by 'n konferensie gesê die 8500 aflaaibare toepassings wat vir die iPad ontwikkel is, is meer as 35 miljoen keer by Apple se App Store afgelaai.
Hy sal na verwagting ook die volgende generasie iPhone by dié konferensie onthul.
Apple het meer as twee miljoen iPads verkoop sedert verkope van dié toestel vroeg in April in Amerika en in nege ander lande verlede maand begin het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP