Antieke handelsentrum ontdek
2010-08-26 00:36
Kaïro – Egipte het ‘n antieke vestiging van ‘n handelsgemeenskap in ‘n oase ontdek. Die vestiging was na bewering 3 500 jaar gelede aktief.
Dié mees onlangse vonds is ‘n duisend jaar ouer as enige vorige vestigings wat argeoloë al opgegrawe het.
Yale Universiteit het op die vestiging afgekom terwyl hulle opgrawings in die Kharga Oasis, omtrent 500km suid van Kaïro, gedoen het.
Die vestiging was op ‘n besige handelsroete tussen die Antieke Egiptiese beskawing in die Nylvallei en die res van Afrika.
Volgens die argeoloë wil dit voorkom asof daar ‘n groot bakkery daar was wat aandui dat daar grootskaalse kosvervaardiging daar plaasgevind het.
Die vestiging het waarskynlik sy hoogtepunt tydens die Middel Koninkryk (1786-1665 v.C.) bereik.
- SAPA