Amerikaanse weermag en WikiLeaks vergader
2010-08-19 04:07
Stockholm - Julian Assange, stigter van WikiLeaks, het gesê die Amerikaanse weermag het sy bereidwilligheid uitgespreek om die aanlyn-fluitjieblaser te help om geklassifiseerde dokumente van die Afgaanse oorlog en die verwydering van inligting wat burgerlikes skade kan aandoen, te bespreek.
Assange het gesê dié ooreenkoms is vandeesweek deur WikiLeaks se prokureurs en die Amerikaanse weermag bereik.
WikiLeaks het die Pentagon gevra vir hulp om die dokumente te hersien en die name van Afgaanse informante uit die dokumente te verwyder.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA