Amerikaanse webblad speel loerboer
2010-03-15 15:05
Austin, Texas - Die bedrogsage van die legendariese Wall Street-bedrieër Bernard Madoff was die inspirasie vir 'n webwerf wat hulself toewy aan die idee om ryk bedrieërs te ontmasker.
The Vile Plutocrat versamel nuus oor die verkeerde dade van rykmense skryf 'n stukkie redaksionele opinie en sit dan 'n skakel deur na die biografië van die oortreders.
"Die idee is uit Bernie Madoff gebore," het Paul Burton van 16 Toads Design gesê.
"In 'n neutedop soek ons enige tipe nuus waar mense in die hoë kringe van die samelewing iets doen om geld van die middelklas af weg te neem."
Madoff is in Desember 2008 in hegtenis geneem en is 150 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy die grootste beleggingsbedrogskema in die geskiedenis van Wall Street bedryf het.
– AFP