Alkohol is dalk goed vir die hart
2011-10-28 15:05
New York – Vroue wat meer as drie drankies per week drink in die jaar voor hulle ‘n hartaanval kry, se kanse op oorlewing is beter as vroue wat nie drink nie, het ‘n studie bevind.
Die studie het op 1 000 vroue gefokus en staaf groeiende bewyse dat alkohol, ongeag van die tipe drankie, goed vir die hart mag wees.
“Die interessante deel is dat die verskil in die tipe drankies geen verskil op die bevindinge gemaak het nie,” het die hoofnavorser Joshua Rosenbloom van die Harvard-universiteit in Amerika gesê.
“Die mees onlangse bewyse stel voor dit is die alkohol self wat voordelig is,” het hy bygevoeg.
Daar was ook ‘n soortgelyke verlaagde risiko om te sterf in die tyd na die vroue ‘n hartaanval gekry het by vroue wat wyn, bier en selfs drankies met ‘n uitermatige hoë alkoholinhoud geniet, het Rosenbloom en sy kollegas bevind.
Die navorsing is in die American Journal of Cardiology gepubliseer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters