Al meer kinders kuier op kletswerwe

2011-10-12 09:55
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Gewonder wat Jannie of Sannie ná skool doen terwyl jy werk of uithuisig is? ’n Nuwe studie verskaf van die antwoorde: Altesaam 30% van alle kinders bestee hul tyd ná skool op die sosiale netwerk MXit.

’n Studie wat gister deur die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) bekend gemaak is, het aan die lig gebring dat 75% van dié kinders een keer per week met vreemdelinge kommunikeer, terwyl 42% dit elke dag doen.

Die navorsing is in samewerking met die Universiteit van Kaapstad en die Berkman Center for Internet and Society aan die Harvard-universiteit gedoen.

“Die probleem begin by die ­ouers,” het Ken Resnick, ’n kindersielkundige van Johannesburg, gesê. “Kinders vlug na hul eie wêrelde en verloor die vermoë om deel te wees van die regte wêreld.

“Die vraag moet gevra word: Waarom word kinders in die eerste plek toegelaat om heeldag met hul fone doenig te wees?”

Volgens hom is dit baie belangrik dat kinders ander belangstellings het en ontneem sosiale netwerke hulle die behoefte om daardie belangstellings te ontdek.

“Dit bring mee dat kinders wegbreek uit die realiteit. Dan ly hul skoolwerk daaronder, hulle sukkel om gesagsfigure te gehoorsaam en hulle kan nie gesonde menseverhoudings handhaaf nie.

“Hulle raak ook baie afhanklik en sukkel om goed op hul eie te doen.”

Die doel van die studie was om bewustheid oor inligting- en kommunikasietegnologie te bevorder. en is getiteld Digital Citizenship and Safety Project.

Die studie is onder 44 miljoen MXit-gebruikers gedoen, wat 25 876 Suid-Afrikaners ingesluit het.

Volgens Aida Girma, Unicef se verteenwoordiger in Suid-Afrika, het kinders die vermoë om baie maklik te leer hoe tegnologie werk. “Hoewel hulle die tegnologiese kennis het, weet hulle nie altyd hoe om die gevolge daarvan te hanteer nie.”

Die studie het ook gekyk na die aantal internetgebruikers in verskillende streke. Altesaam 90% van die jong mense wat aan die studie deelgeneem het, het gesê hulle woon in dorpe of stede.

Hoewel selfoongebruik in Suid-Afrika die hoogste op die vasteland is , blyk dit dat jong mense in landelike gebiede nie die voordele van inligtingstegnologie en internetdienste ervaar nie.

Lize van der Merwe, ’n kindersielkundige van Goodwood, het gesê dit is kommerwekkend dat sosiale netwerke kinders se kommunikasievermoë inhibeer. “Mense doen deesdae oor die algemeen minder introspeksie en vlug na iets breinloos.” 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: tegnologie  |  tieners  |  kinders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

S3 2.0 TFSi Quattro 3-dr
2008
R 366,756.00

OPEL

CORSA LITE 1.4i
2006
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.