Afrika kry eerste iPad-replika
2012-01-30 20:00
Brazzaville – Afrika het sy eerste tabletrekenaar wat met die iPad en soortgelyke Westerse uitvindsels sal meeding, op die rakke in die Republiek van die Kongo (DRK) geplaas.
“Vandag kan enigiemand een koop,” het Verone Mankou, uitvinder van die Way-C, Maandag aan AFP gesê.
Die Way-C is in die stede Brazzaville en Pointe-Noire beskikbaar.
Way-C beteken “die lig van die sterre” in ‘n dialek van die noorde van die Kongo.
Die tablet-rekenaar is 19 x 17 x 1,2 cm groot en weeg 380 g.
“In terme van tegnologie is hierdie tabletrekenaar gelykstaande aan al die tabletrekenaars wat op die mark is,” het Mankou (26), met verwysing na Apple se iPad en sy mededingers, gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP