Afrika kan tot voedselsekerheid bydra
2011-05-03 15:31
Kaapstad – Die landbouministers van ses Latyns-Amerikaanse lande meen Afrika kan ’n groot rol in die wêreld se voedselsekerheid speel.
Dié ses ministers het Maandag tydens die opening van die 18de Agrishow-saamtrek in Ribeira Preto in Brasilië byeengekom.
Wagner Rossi, die Brasiliaanse minister van landbou, het gesê: ‘‘Die enigste ander vasteland wat op dieselfde skaal as Suid-Amerika kan produseer, is Afrika. “
“Afrika het egter nie die hulpbronne en tegnologie om dit so suksesvol soos ons te kan doen nie. So, ons is vasberade om aan ander lande dié hulpbronne en tegnologie wat hulle nie het nie, te voorsien,” het hy gesê.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad