Afrika-by dalk die antwoord

2009-11-20 09:45
Tweets Share Share line Print

Tisha Steyn

George - Afrika-heuningbye kan gebruik word om bye te teel wat weerstand kan bied teen die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte wat Suid-Afrikaanse byeboere sedert begin vanjaar op hol het.

Die siekte, wat jongbye in die korwe laat vrek, het sedert Februarie toe die siekte hier bevestig is, deur die ganse Wes-Kaap versprei en kliniese simptome is ook elders in die land opgemerk.

“Die Afrika-heuningby is inheems en geneties baie meer divers as die Europese heuningby met sy beperkte genetiese variante,” het prof. Robin Crew van die Universiteit van Pretoria gesê.

“Eienskappe wat weerstand bied teen Amerikaanse jongbysiekte en ander siektes wat bye aantas, kan uit hierdie diverse genepoel geïdentifiseer word om weerstandige bye te teel.”

Volgens mnr. John Moodie, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Byebedryforganisasie (Sabio), het Crew uitgebreide navorsing oor die Afrika-heuningby gedoen.

“Robin het uitgebreide navorsing gedoen wat gegrond is op die DNS van die Afrika-heuningby, en dié by word nou allerweë beskou as die oorspronklike voorvader van alle heuningbye,” het Moodie gesê.

Volgens hom lê die teenvoeter vir die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte moontlik opgesluit in die weerstandigheid van die Afrika-heuningby.

Intussen wag hy op aanbevelings van die departement van landbou, bosbou en visserye met betrekking tot bestuurstrategieë en wetgewing wat sal help om die siekte hok te slaan.

Byeboere in die Wes-Kaap kry in Januarie die geleentheid om meer te wete te kom van die Afrika-heuningby wanneer Crewe drie lesings oor bye by die Universiteit van Kaapstad se jaarlikse somerskool gaan lewer.

Volgens Crewe sal hy kyk na die ontwikkeling van bye sedert hul fossielvoorvaders, die oorsprong van moderne heuningbye in Afrika en hul verspreiding in Afrika, en na Europa en die Midde-Ooste.

Die lesings sal ook verduidelik hoe mak Europese bye na Amerika en Australasië versprei het en as uitheemse spesie in ’n nuwe habitat gevestig het tot groot voordeel van die mens.

Die noodsaaklikheid van heuningbye vir voedselsekerheid en bye se sosiale gedrag sal toegelig word.

Die somerskool is gemik op volwasse onderwys en almal is welkom. ’n Klein registrasiebedrag word gehef. Die kursus begin op 15 Januarie en duur tot die 17de. Die lesings begin om 11:15. Meer besonderhede is op die somerskool se webtuiste by www.ems.uct.ac.za.

- Die Burger

Lees meer oor: boer  |  landbou

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

S3 2.0 TFSi Quattro 3-dr
2008
R 366,756.00

OPEL

CORSA LITE 1.4i
2006
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.