Advertensies vir ondernemings eersdaags op Twitter
2010-10-12 14:32
Los Angeles - Die mikroblog-netwerk Twitter se uitvoerende hoof, Dick Costolo, sê die maatskappy “gaan 'n selfbedieningsopsie aan plaaslike ondernemings bied om advertensies op Twitter te koop, en werk aan maniere om dié advertensies aan te bied op grond van waar gebruikers hulle bevind,” berig die New York Times.
Dié opsie sal in 2011 bekendgestel word.
Advertensies sal onder andere met behulp van die derdeparty-Twitter-programme, wat die laaste paar maande op bykans alle rekenaarplatforms beskikbaar is, aan gebruikers bedien word.
Plaaslike ondernemings sal in staat wees om data oor gebruikers se gewoontes te gebruik om advertensies so relevant moontlik te maak.
Lees hier meer oor dié aankondiging.
- Volg Nuus24 op Twitter.