'Aardverwarming' rede vir hittegolf

2012-02-07 08:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die hittegolwe en uitermatige storms wat die Wes-Kaap die laaste tyd teister, is waaroor aardverwarming gaan – al hoe meer uitermatige weersomstandighede met hoër maksimum-temperature.

En dié mense wat Maandagoggend se geklap van donderweer en blitse in die Skiereiland ná ’n naweek van hitte ervaar het, sal kan saampraat.

Dié klein donderstorm se meegaande weerlig het veral oor hoogliggende gebiede, soos Leeukop, Vlaeberg en Tafelberg, geflits.

Die storm het omstreeks 06:50 van Kampsbaai af oor Kloofnek getrek en die weerlig het motor­alarms laat afgaan. Die storm was die gevolg van warm toestande en ’n laagdrukstelsel wat uit die Weste oor die see beweeg het. Die weerlig het ’n harde bui reën voorafgegaan.

Later gister het die temperature in Kaapstad tot 34°C gestyg en op Robertson het dit teen 14:00 reeds 42°C bereik.

Dié tweede hittegolf wat die Wes-Kaap binne drie weke getref het, is ’n aanduiding dat temperature aan die styg is, volgens dr. Peter Johnston, navorser by die Universiteit van Kaapstad (UK) en deel van die Climate Systems Analysis Group (CSAG) by dié universiteit.

Volgens Johnston strook temperature, soos Sondag se 38,1°C in die stadskom, met die projeksies van hoër temperature wat voorlê. “Dit is presies waaroor aardverwarming gaan.”

Die CSAG voorspel dat somertemperature in Suid-Afrika teen 2050 tussen 2°C aan die kusgebied en 3°C in die binneland gaan styg. “Mense kan al hoe meer uitermatige weer verwag met verhoogde gemiddelde temperature én hoër maksimum-temperature,” het hy gesê.

Die jongste hittegolf raak veral uitvoerders in die sagtevrugtebedryf.

“Dit is baie meer uitdagend vir boere om by hul skedules te hou,” het Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gesê.

“Die warm weer laat die vrugte vreeslik vinnig ryp word. Die oes en verkoeling van die vrugte moet dan baie vinniger gebeur.”

Volgens Opperman raak die hittegolf boere dwarsoor die Wes-Kaap. “Mense van Oudtshoorn, De Doorns tot in die Paarl voel die hitte. Ná die vrugte gepluk is, is dit van kritieke belang dat dit so gou as moontlik verkoel word.

“Boere se bedryfskoste is beslis hoër in die warm maande, omdat meer elektrisiteit en water vir verkoeling gebruik moet word,” het Opperman gesê.

Volgens Rian Smit, weervoorspeller van die Kaapse weerkantoor, sal dit vandag koeler wees.

Ná 'n bloedige warm naweek het Kapenaars Maandagoggend in die middel van 'n donderstorm wakkergeskrik. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: aardverwarming

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

S3 2.0 TFSi Quattro 3-dr
2008
R 366,756.00

OPEL

CORSA LITE 1.4i
2006
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.