Aardbewing tref Fiji-gebied
2011-04-04 09:43
Wellington - ‘n Aardbewing het Maandag die Richterskaal in die Fiji-gebied tot 6.4 laat steier, maar geen tsoenamiwaarskuwing is uitgereik nie.
Die aardbewing het 321 km wes van Suva om 14:07 GT getref, sowat 555 km diep onder die aarde se oppervlak, het die Amerikaanse Geologiese Opname gesê.
Die Pasifiese tsoenami-waarskuwingsentrum, die groep wat die gebied monitor, het geen waarskuwing vir ‘n tsoenami uitgereik nie.
Die gebied lê in ‘n hoogs tektonies aktiewe kol, genaamd die “ring van vuur,” en word gereeld deur aardbewings en vulkaniese uitbarstings getref.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA