Aardbewing in Chili het stede geskuif
2010-03-09 13:48
Concepción - Die reuse-aardbewing wat die Chili verlede maand geruk het, het die hele stad van Concepción sowat 25,4 cm wes geskuif.
Ander dele van Suid-Amerika sover as die Falkland-eilande en Fortaleza, Brasilië het ook geskuif.
Dié voorlopige metings is deur navorsers van vier universiteite, agentskappe en geofisici bekend gemaak.
Buenos Aires, Argentinië se hoofstad en regoor die kontinent vanaf die episenter van die aardbewing, het sowat 2,5 cm wes geskuif.
Santiago, Chili se hoofstad, het sowat 28 cm na die suidweste geskuif. Valparaiso, Mendoza, en Argentinië het ook geskuif.
Die aardbewing se episenter was in 'n streek van Suid-Amerika wat deel is van die sogenaamde "kring van vuur".
– Science Daily