Aardbewing het glo aarde se as geskuif
2010-03-03 20:05
Kaapstad – ‘n Wetenskaplike van Nasa glo dat die 8.8-grootte aardbewing wat tot die dood van honderde mense in Chili gelei het, moontlik die aarde se as geskuif het en die dae sodoende bietjie korter gemaak het.
Richard Gross, ‘n navorsingswetenskaplike aan Nasa in Kalifornië probeer vasstel hoeveel die aardas se posisie verskuif het ná dié aardbewing.
Gross meen dat indien die dit met 8cm geskuif het, dae met 1.26 millisekondes sou verkort het.
Volgens hom het hierdie aardbewing die aarde se as selfs meer laat skuif as die 9.1-grootte aardbewing wat naby Indonesië plaasgevind het en die dodelike tsoenami in 2004 veroorsaak het.