Aap se ruimtereis vir eers uitgestel
2011-10-04 09:42
Tehran – Iran se planne om ‘n aap die ruimte in te stuur is vir eers uitgestel, het die land se ruimtehoof Maandag gesê.
“Ons kan nie nou ‘n datum vir die lansering vasstel nie, maar so gou as wat ons land se wetenskaplikes die gereedheid van die projek aandui, kan ons ‘n datum aankondig,” het Hamid Fazeli, die hoof van Iran se ruimteagenstkap, gesê.
Fazeli het in Junie gesê ‘n Kavoshgar-5-vuurpyl sou “in die maand van Mordad” (23 Julie tot 23 Augustus) gelanseer word.
Die kapsule sou ‘n aap sowat 120 km hoog die ruimte instuur.
Fazeli het geen rede vir die uitstel gegee nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP