Aanvaar vrye internet, sê Google-baas aan N-Korea
2013-01-10 09:22
Beijing – Eric Schmidt, voorsitter van Google, het aan Noord-Koreaanse amptenare gesê hulle land sal nooit ontwikkel as hulle nie die vrye internet aanvaar nie.
Schmidt het die uitlating ná 'n besoek aan Pyongyang gemaak.
"Soos die wêreld meer verbind word [deur die internet], gaan hulle besluit om geïsoleerd te wees, baie beslis hulle fisieke wêreld, hulle ekonomiese groei en so aan beïnvloed, en dit al hoe moeiliker maak om ekonomies tred te hou," het hy gesê.
"Wanneer die internet begin, kan die inwoners van 'n land daarop bou. Die regering moet iets doen. Hulle moet dit vir mense moontlik maak om die internet te gebruik, wat die regering in Noord-Korea nog nie gedoen het nie."
Kim het aan verslaggewers gesê hy het nie tydens sy reis met die land se leier, Kim Jong-Un, vergader nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP