ANC span Zuma in op Twitter

2011-04-27 09:27
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die ANC gaan pres. Jacob Zuma heel moontlik in ’n toenemend fel kuber-verkiesingsveldtog op Twitter inspan.

Jackson Mthembu, die ANC se hoofwoordvoerder, het Dinsdag gesê die staatshoof se verskyning op dié mediaplatform is “baie beslis” in oorweging.

Dit kom nadat die party verlede week sy eerste vraag-en-antwoordsessie aangebied het waarin Mthembu gesê het die ANC glo werklik die DA is ’n rassistiese party wat slegs vir wittes is.

Die ANC is egter ver agter die DA wat digitale media betref: Dié party het reeds vier sulke vraag-en-antwoord-sessies gehou terwyl sy leier, Helen Zille, ook lankal op Twitter bereikbaar is.

Ryan Coetzee, ’n DA-strateeg, het gesê die party se sogenaamde Twitter-stadsaalvergaderings op Sondagaande is ’n belangrike deel van die party se veldtog. “Suid-Afrika is egter nog nie naby aan Amerika nie, waar die media op heeltemal anderste maniere ingespan en gebruik word.”

Volgens hom was die reaksie tot dusver baie goed en het die party ook gunstige terugvoering van mediakenners oor hul aanwending van Twitter gekry. “Die sessies word elke week net groter en diegene wat daaraan deelneem, wissel van mense wat bloot inligting soek tot ondersteuners en kritici.”

Hy het die ANC se eerste poging verlede week gevolg en was nie beïndruk daardeur nie. “Dis belangrik dat regte leiers aan so ’n gesprek deelneem en ook volledige antwoorde, hoewel binne die bestek van 140 karakters, sal gee. So word dit ’n doeltreffende manier om direkte kontak te bewerkstellig en verkry dit geloofwaardigheid as ’n verwysingspunt.”

Mthembu het ook gesê Twitter is ’n belangrike manier om kontak tussen die ANC en kiesers te bewerkstellig.

“Dit is so juis omdat baie mense nie koerante lees nie en dit vir die ANC belangrik is om sy boodskap eerstehands by kiesers te kry.

“In daardie sin speel ons sessies op Twitter ’n ander rol as advertensieborde en TV-, radio- en koerant-advertensies omdat daar direkte kontak tussen die party en sy ondersteuners is.”

Hy het gesê die party se eerste poging verlede week is goed op die kuber-verkiesingslagveld ontvang en dat tydsbeperkings die beantwoording van alle vrae verhinder het.“Ons oorweeg dit baie beslis om Zuma in die toekoms op Twitter in te span,” het Mthembu gesê.

* Volg die ANC se Twitter-profiel by @MyANC terwyl die DA se vraag-en-antwoordsessies by #DAQA gevolg kan word.

Dié party se leier is op Twitter by @helenzille.

En volg Nuus24 hier.

- Volksblad

Lees meer oor: verkiesings  |  da  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Zafira 1.8 Elegance MPV MY03
2004
R 99,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2004
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.