80% gespanne in SA vakansietyd

2011-12-15 07:31
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vakansie is ’n tyd vir familie, rus en ontspan, maar vir 80% van Suid-Afrikaners is dit ’n spanningsvolle tyd.

Volgens ’n nasionale opname wat deur ’n farmaseutiese maatskappy gedoen is, het elke 8 uit 10 van die mense wat aan hul opname deelgeneem het, erken hulle is gespanne.

Die grootste oorsaak vir hulle angstigheid is geld, of die gebrek daaraan.

Mense wat in dié tyd weggaan, is ook voor hul reis oor veiligheidsmaatreëls by hul huise gespanne.

Mariska Fouché, ’n woordvoerder van Pharma Dynamics, het gesê die derde grootste rede vir spanning en depressie is verlange na geliefdes wat ver of dood is.

Cassey Chambers, bedryfsdirekteur van die Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep (Sadag), het gesê die getal oproepe wat hulle in die feestyd ontvang, is min of meer dieselfde as die res van die jaar, maar die redes verskil.

“Vir mense wat alleen is, is dit ’n baie moeilike tydperk. Mense wat onlangs geskei is, ’n geliefde verloor het of ’n traumatiese ondervinding beleef het, vind dié tyd van die jaar besonder moeilik.”

Chambers het gesê dit is veral ouer mense wat spanningsdruk (stres) beleef.

“Hulle word meer bewus van hoe alleen hulle is, veral as hul kinders nie kom kuier nie of in die buiteland woon.”

Intimiteit help mense om spanning beter te hanteer.

Fouché het gesê kliniese studies het bevind paartjies wat hande vashou, het baie laer stresvlakke. “Soentjies en drukkies verminder alledaagse angs. Paartjies wat gereeld soen, is ook minder geneig om aan depressie te lei.”

Nog redes vir angstigheid sluit onder meer in om gaste te onthaal, verblyf vir familie en vriende en Kersinkope.

“Die feestyd is vol pret en partytjies, maar is ook ’n uitdaging vir mense wat oor die algemeen geneig is tot angstigheid.”

Mense wat angstig of depressief voel, kan Sadag se beraders by Pharma Dynamics se gratis inbellyn tussen 08:00 en 20:00 bel by 0800 205 026.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Zafira 1.8 Elegance MPV MY03
2004
R 99,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2004
R 99,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.