70 m. liter water van myne per dag kom

2010-09-07 07:38
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Tot 70 miljoen liter suur mynwater sal daagliks in die Vaalrivierstelsel beland as die regering nie spoedig ingryp om mynwater onder Johannesburg uit te pomp nie.

Marius Keet, waarnemende direkteur van watergehaltebestuur in Gauteng, het gister gesê die departement van waterwese en omgewingsake het sowat 17 maande tyd voordat suur mynwater in ou mynskagte in die sentrale kom onder Johannesburg op die oppervlak begin uitloop.

Die water is tans 550 m onder die oppervlak en styg daagliks met 35 cm.

“As ons nie optree nie, sal tussen 60 miljoen en 70 miljoen liter suur mynwater daagliks in die Vaalrivierstelsel beland.

“Dít is die hoeveelheid water (onder Johannesburg) wat gerehabiliteer moet word,” het Keet op ’n inligtingsessie by die parlement gesê.

Minstens R218 miljoen is op kort termyn nodig vir onder meer ’n pompstasie, maar die staat het net R14 miljoen tot sy beskikking.

Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewingsake, het op dieselfde inligtingsessie gesê sy weet nie waar die geld vandaan gaan kom nie.

“Maar ons moet dit kry voordat ons kan ingryp.”

’n Interministeriële komitee waarin ook Pravin Gordhan (finansies) en Trevor Manuel (beplanningskommissie) dien, het ’n taakspan van kundiges aangestel om binne ses weke terugvoering oor die omvang van die dreigende omgewingskrisis, korttermyn-ingrypings en die koste daarvan te gee.

Die verslag gaan aan die kabinet voorgelê word, waarop ingryping sal volg.

Volgens Gareth Morgan, DA-LP, het talle burgerlike groepe en mynhuise reeds navorsing gedoen.

Hy is krities oor die departement se tydraamwerk en meen daar moet tyd vir onvoorsiene probleme wees.

Sonjica het vroeër volgehou die probleem is onder beheer.

Die regering sal nie toelaat dat die suur mynwater tot ’n krisisvlak styg nie – dit is 150 m onder die oppervlak, waarna aardbewings en sinkgatvorming kan plaasvind.

“Armageddon is nie op ons nie. Niemand sal ooit (weens suur mynwater) waterskoene in Johannesburg hoef te dra nie.”

Die situasie aan die Wes-Rand is egter reeds kritiek – tot 20 miljoen liter suur mynwater beland daagliks in waterbronne, het Keet gesê.

Tussen 12 miljoen en 15 miljoen liter van dié suur mynwater word gedeeltelik deur myne behandel en nog 5 miljoen liter vloei deur vleilande. 

- Beeld

Lees meer oor: water  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Beteken dit nou ek sal moet opstaan om die kanaal te verander? Ag dan los ek dit maar op supersport. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 135,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.