60% minder kuier nou op Google+
2011-10-11 10:24
New York – Aanlyn verkeer na Google+ het sedert die sosiale netwerk se deure vir die publiek oopgegaan het met 60% verminder ondanks aanvanklike groei.
Google se sosiale netwerk was tot en met 20 September slegs per uitnodiging beskikbaar en die verkeer na die blad het met 1 200% opgeskiet ná die poorte vir almal oopgemaak is.
Chitika, ‘n firma wat aanlyn verkeer analiseer, het ‘n verslag uitgereik wat verduidelik hoekom Google+ egter sedertdien 60% van sy verkeer verloor het.
“Miskien as Google die pas van sy innovering verbeter, kan Google+ ‘n mededinger vir Facebook wees,” lui die verslag.
“Indien nie, sal Google+ in die stof by.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.