400 robwelpies spoel in Kommetjie en Muizenberg uit
2011-12-09 22:54
Kaapstad – Omtrent 400 robwelpies het in Valsbaai en Kommetjie uitgespoel, het die
Stad Kaapstad se rampbestuur-eenheid gesê.
Wilfred Solomons-Johannes, 'n woordvoerder, sê
sowat 100 robwelpies het tussen Sunrise Circle naby Muizenberg en
Srandfontein-strand uitgespoel.
‘n Verdere 300 robwelpies het op
Kommetjie-strand uitgespoel.
“’n Wetenskaplike het aan ons verduidelik dat
die verskynsel met die broeiseisoen van robbe, onstuimige toestande en
sterk winde te doen het,” het Solomons-Johannes gesê.
Hy sê
dat robwelpies kwesbaar is as die wind sterk waai en die see rof is.
Dit kan gebeur dat hulle angstig raak, nie kan swem
nie en gevolglik doodgaan, het Johannes-Solomons verduidelik.
Die publiek is intussen gewaarsku om op hul
hoede te wees vir haaie aangesien hulle deur die robwelpies na dié strande gelok
word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA