'40% van kankers kan voorkom word'
2011-12-07 15:26
Londen – Naastenby die helfte van alle kankergevalle wat in Brittanje gediagnoseer word, is as gevolg van leefstylkeuses soos rook, drink en slegte eetgewoontes.
Die navorsers van Cancer Research UK het gesê tabak veroorsaak 23% van alle kankers by mans en 15.6% by vroue.
‘n Tekort aan vars groente en vrugte by Britse mans is die tweede grootste oorsaak, terwyl vetsug by vroue die tweede grootste oorsaak is.
Die verslag is in die British Journal of Cancer gepubliseer.
“Baie mense glo kanker is in ons gene en dit is bloot slegte geluk as 'n mens kanker ontwikkel,” het die hoofnavorser, Max Parkin, gesê.
“Dit is egter duidelik dat 40% van alle kankers veroorsaak word deur dinge wat in ons mag is om te verander."
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.