300 dooie voëls langs snelweg gevind
2011-01-13 23:00
Alabama – Sowat 300 dooie voëls, wat skynbaar 'n traumatiese dood gesterf het, is langs ‘n snelweg in Alabama opgetel.
‘n Amerikaanse dierekenner en bioloog, Bill Gates, sê dit is dieselfde spesie as wat op Nuwejaarsdag in Arkansas dood uit die lug geval het.
In die mees onlangse geval in Alabama, was daar ook vere oor die pad gestrooi, wat moontlike trauma aandui.
Gates meen dat die voëls moontlik oor die pad gevlieg het en deur 'n groot vragmotor getref is.
Toetse sal egter gedoen word om die oorsaak van hul dood te bepaal.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.