2800 jaar oue Egiptiese grafkamer ontdek
2010-09-17 00:41
Kairo – Argeoloë het ‘n 2800 jaar oue grafkamer ontdek. Dié grafkamer spog met helder astrologiese tonele sowel as grafte van Egiptiese koninlikes.
Volgens Zahi Hawass, Egipte se antieke hoof, het dié grafkamer aan ‘n priester behoort.
Dié priester, Karakhamun se graf is in die 19de eeu ontdek voordat dit onder die sand verdwyn het.
'n Egiptiese-Amerkaanse span argeoloë het dié grafkamer ontdek terwyl hulle restorasie werk in Suidelik Egipte gedoen het.
Dié grafkamer is aan die onderkant van ‘n agt meter skaf gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA