Talle Amerikaners al slagoffers van kuberkrakers
2012-10-02 13:39
Washington – Altesaam 26% van Amerikaners se persoonlike inligting, soos hul wagwoord of kredietkaartnommer, kon al deur ‘n data-oortreding ontbloot word, het ‘n opname gewys.
Die opname is deur die sekuriteitsmaatskappy McAfee en die National Cyber Security Alliance (NCSA) van Amerika gedoen.
Die opname het gewys dat 90% van Amerikaners dink dat ‘n veilige internet van kritieke belang vir ekonomiese sekuriteit is. Dieselfde persentasie voel ook nie heeltemal veilig van virusse en kuberkrakers af nie.
Altesaam 64% van die mense wat al aan die opname deelgeneem het, sê hulle het nog nooit enige sekuriteitssagteware geïnstaleer nie.
Sowat 49% van slimfoon gebruikers gebruik hul fone om op die internet te gaan, maar net 58% het sekuriteitssagteware afgelaai.
“Die bedreiging waardeur Amerika se internetgebruikers in die gesig gestaar word, groei elke dag,” het Gary Davis, adjunk-president van McAfee, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP