250 Britse vroue dagvaar oor borsinplantings
2011-12-21 22:55
Londen – Meer as 250 Britse vroue sal aanstaande jaar tot die hof wend nadat meer as die helfte van dié vroue probleme met borsinplantings, wat deur die Franse maatskappy Poly Implant Prothese (PIP) gemaak is, ondervind het, het 'n prokureur Woensdag gesê.
"Meer as die helfte van die vroue se borsinplantings het geskeur en ons verteenwoordig ook vroue wat bekommerd is dat hul borsinplantings ook kan skeur," het Esyllt Hughes aan AFP gesê.
Hughes het gesê hofverrigtinge sal na verwagting volgende jaar in Cardiff begin.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP