25% gebruik antibiotika verkeerd
2011-11-21 23:08
Londen – ‘n Kwart van mense glo steeds verkeerdelik
antibiotika kan ‘n ligte hoes en verkoues genees, het ‘n peiling in Brittanje
bevind.
Antibiotika kan egter nie virusse, wat meeste infeksies in die asemhalingstelsel veroorsaak,
genees nie.
Die Gesondheidsbeskermingsagentskap in Brittanje het 1 800
mense in Engeland bestudeer en bevind een uit elke 10 mense hou ook oorblywende
antibiotika om dit by ‘n volgende geleentheid weer te gebruik.
‘n Bekende dokter in die land het egter gesê antibiotika is
nie ‘n kuur “vir alles” nie en het teen die gevare van die oorgebruik van die
medikasie gewaarsku.
“Ons verstaan mense voel sleg as hulle hoes en seer kele,
griep en verkoues het,” het Cliodna McNulty van die agentskap gesê. “Vir die
meerderheid mense is hierdie simptome egter slegs van korte duur.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24
op Twitter.