140 miljard foto’s nou op Facebook
2011-09-21 12:31
New York – ‘n Onlangse artikel deur die maatskappy 1 000 Memories beraam dat daar tans meer as 140 miljard foto’s in Facebook-gebruikers se albums gestoor word.
Die reuse-aantal foto’s wat gebruikers reeds tot die sosiale netwerk gevoeg het, is 10 000 keer meer as die aantal foto’s wat Amerika se Library of Congress bewaar, het die maatskappy gesê.
Volgens ‘n ingenieur van Facebook laai gebruikers sowat 200 miljoen foto’s daagliks op die netwerk – sowat 6 miljard per maand.
Die tegnologiewebtuiste Techcrunch het ook berig Facebook-gebruikers het oor Nuwejaar 750 miljoen foto’s opgelaai.
1 000 Memories skat die gemiddelde eienaar van ‘n digitale kamera neem sowat 150 digitale foto’s jaarliks en 20% van dié kiekies word op Facebook gelaai.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.