10% van Britte soek na eks op Facebook
2011-10-31 10:05
Londen – Een uit elke 10 Britte erken hulle soek na hul ekse op Facebook in die hoop om die liefde weer te laat opvlam, het ‘n peiling getoon.
‘n Totaal van 16% van die mense wat aan die peiling deelgeneem het, het erken hulle gebruik die sosiale netwerk om ‘n oog oor bemindes uit hul verlede te hou.
“Ek moet sê ek was verras dat een in 10 van ons vorige bemindes op Facebook opgesoek het,” het ‘n woordvoerder van die webtuiste FinderMonkey.co.uk, wat die peiling onderneem het, gesê.
“Die nuuskierige kant van ons almal wil weet hoe dit met mense gaan, selfs dié met wie ons al ‘n bed gedeel het,” het hy bygevoeg. “Sosiale netwerke het dit vir ons moontlik gemaak om in ‘n oogwink weer kontak met ou vriende te maak.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.