1 200 tweets per minuut ná aardbewing
2011-03-11 10:56
Japan – ‘n Kragtige 8.9-aardbewing het vroeg Vrydag die kus van Japan getref en die krag laat afgaan, brande veroorsaak en gelei tot ‘n magtige tsoenami wat glo tot 7,3 m hoog kan wees.
Die reaksie op Twitter was onmiddellik en intens.
Minder as ‘n halfuur ná die aardbewing, ten spyte van die land se telefoonlyne wat afgesny is, het 1 200 Tweets per minuut uit Tokio gekom, volgens die Tweet-o-Meter.
Twitter-gebruikers op die weskus van die VSA het laat Donderdagaand van die aardbewing gehoor en het vinnig begin om berigte en video’s te deel.
Talle mense het die Twitter-nuus van Al-Jazeera gekies vir inligting, terwyl ander weer die Japannese stasies se nuus op Ustream gevolg het.
- Mashable