Zuma en kie. betaal duisende vir WEF-besoek
2013-01-25 07:01
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | 0.28% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.45 | -0.35% | 1356.84 | -0.45% |
| Rand/€ |
 | 12.36 | -0.5% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1388.18 | -0.01% | 40837.43 | -0.05% |
Kaapstad – Suid-Afrikaanse afgevaardigdes wat vanjaar se Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, bywoon, sal sowat R358 000 betaal om die eksklusiewe geleentheid by te woon, is berig.
Dié prysetiket sluit reiskostes, verblyf en die bywoning van verskeie gebeure in, het MoneyWeb berig.
Suid-Afrika het vanjaar 126 afgevaardigdes gestuur, waarvan nege ministers is.
Die afgevaardigdes sluit in pres. Jacob Zuma, Mike Brown, hoof- uitvoerende beampte van Nedbank, dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Pravin Gordhan, minister van finansies, Adrian Gore, hoof- uitvoerende beampte van Discovery, Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, Brian Molefe, uitvoerende hoof van Transnet, Mildred Olifant, minister van arbeid, en Nicky Newton-King, die JSE-hoof.
'n Vlugkaartjie vanaf Johannesburg na Davos kos sowat R31 184 per persoon, terwyl die verblyf by die driester-hotel by die oord sowat $530 (sowat R4 791) 'n aand beloop – dit beloop R47 488 vir nege ministers, is verder berig.
Die Wêreld- Ekonomiese Forum is 'n jaarlikse vergadering waar sommige van die wêreld se vooraanstaande politici en ekonome vergader.
– Volg Nuus24 op Twitter