Woolworths wéér in die spervuur oor afleggings
2012-09-06 17:30
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.39 | -0.46% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Woolworths beplan om sowat 180 werkers af te lê, ten spyte daarvan dat hy dit vroeër ontken het, het die South African Commercial, Catering and Allied Workers Unions (Saccawu) gesê.
"Skaars 'n week nadat Woolworths se woordvoerders heftig in die media ontken het dat die maatskappy beplan om werkers af te lê, is ons nou in kennis gestel van die beplande aflegging van sowat 177 werkers," het Thabo Mahlangu, woordvoerder, in 'n verklaring gesê.
Woolworths het verlede week ontken dat hy beplan om 600 werkers af te lê. Die groep het gesê hy wil slegs sowat 3% van sy personeel wat ou kontrakte onderteken het, op 'n nuwe stelsel plaas wat hulle vereis om naweke te werk.
Indien die werkers nie die nuwe kontrak aanvaar nie, kan hulle 'n vrywillige skeidingspakket aanvaar, of vroeg aftree indien hulle daarvoor kwalifiseer.
Saccawu het gesê dié stap benadeel die werkers se regte.
Mahlangu het gesê diegene wat geraak word, beklee hoofsaaklik laer poste en die vakbond voorspel dat die bestuur die vakbond by die proses gaan uitsluit.
Woolworths se woordvoerders kon nie onmiddellik kommentaar lewer op die vakbond se bewerings nie.
Vroeër vandeesweek het die vakbond Solidariteit 'n veldtog begin om advertensies wat hy glo teen wit mense diskrimineer, terug te trek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA