Werkloosheid vererger in SA
2012-10-31 12:51
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Suid-Afrika se skrikwekkende hoë werkloosheidsyfer is, volgens die onlangse sensusuitslae, aansienlik hoër as wat kenners aanvanklik gedink het, het Business Report berig.
Volgens die sensus staan die bevolking nou op 51,8 miljoen, wat 8,2% hoër is as in 2007. Byna 80% hiervan is swart, 9% is bruin mense, 9% is wit, terwyl 2,5% hulself as Asiaties beskryf het.
Die sensus wys ook die amptelike werkloosheidsyfer is 29,8%, wat amper ses persentasiepunte hoër is as die 23,9% wat ‘n ander opname aangedui het.
Luidens die berig is die amptelike werkloosheidsyfer die hoogste – 35,6% – onder swart mense, in vergelyking met bruin mense (22,3%), Asiërs (11,7%) en wittes (5,9%).
– Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter