Vloede in Mosambiek halveer kragtoevoer na SA
2013-01-25 08:11
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Johannesburg – Vloede in die suide van Mosambiek het die elektrisiteitstoevoer na Suid-Afrika halveer, het 'n woordvoerder van die kragreus Eskom Donderdag gesê.
Sleutelkraglyne na Suid-Afrika is beskadig deur die oorstroming van die Limpopo-rivier, het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, gesê.
"Dit beteken die voorraad wat ons van Mosambiek af kry, is verminder. Ons kry minder as 650 megawatt, wat minder as die helfte is van wat dit moet wees."
Eskom voer tussen 1 300 en 1 500 megawatt elektrisiteit in van die HCB hidro-elektriese projek, een van die grootste projekte van sy soort in Afrika.
Die transmissielyn het meegegee weens vloedwater wat dele van Mosambiek die week oorstroom het.
Joffe het gesê Suid-Afrika help ingenieurs met die herstel van die transmissielyn, terwyl Eskom intussen elektrisiteit van ander verskaffers ontvang.
Owerhede in Mosambiek het reeds duisende mense weens die vloede ontruim.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP