Telkom-hoof ontken gerugte oor bedanking
2012-09-25 10:51
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.56 | -1.64% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.48 | -1.42% | 1332.08 | 1.02% |
| Rand/€ |
 | 12.29 | -1.79% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1376.52 | -0.68% | 41472.72 | 0.96% |
Johannesburg – Nombulelo Moholi, uitvoerende hoof van Telkom, het gerugte ontken dat sy beplan om volgende maand te bedank wanneer Lazarus Zim, voorsitter van Telkom, die maatskappy verlaat, het Business Report Dinsdag berig.
"Daar is nie so iets nie. Het jy ooit 'n aanhaling van my gehoor waar ek dit sê? Al wat ek kan sê is dat ek die gerug ontken," het Moholi, wat verlede jaar in April as uitvoerende hoof van Telkom aangestel is, aan die koerant gesê.
Sy het ook gerugte ontken dat Dina Pule, minister van kommunikasie, skuldig is aan onbehoorlike invloed in Telkom se sake.
"Ek weet nie waarvan jy praat nie," het sy aan Business Report gesê.
Telkom se aandeelprys het in die laaste twee dae van verlede week met 13.1% geval – die grootste daling in twee dae sedert Mei 2009.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA