Telkom-aandele styg ná aanstellings
2012-12-14 14:56
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.52 | -0.92% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.36 | 0.28% | 1353.01 | 0.95% |
| Rand/€ |
 | 12.29 | -1.07% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1380.96 | 0.22% | 41861.54 | 0.11% |
Johannesburg – Telkom se aandeleprys het met meer as 4% gestyg nadat die maatskappy die aanstelling van vyf onafhanklike nie-uitvoerende direkteure aangekondig het.
Dié poste is sedert Oktober vakant, het Business Day Vrydag berig.
Jabu Mabuza, voorsitter van Telkom, het die nuwe aanstellings se positiewe bydrae tot die maatskappy verwelkom.
"Dit is bemoedigend dat ons in 'n paar weke beduidende vordering gemaak het om die kwessies van leierskap en regeringsverhoudings met Telkom aangespreek het."
Die voormalige Absa-direkteurs Louis von Zuener en Susan Botha, hoof van Anglo American SA, Khanyisile Kweyama, besturende direkteur van Global Alliance Clive Fynn, en Fagmeedah Peterson van die werknemerspensioenfonds, het by die raad aangesluit.
Die raad van die maatskappy is nou 15 lede sterk en is op soek na 'n nuwe uitvoerende hoof wat Nombulelo Moholi sal vervang.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA