Stakings spoel oor na Noordwes
2013-01-15 08:18
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.57 | -1.47% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.41 | -0.04% | 1348.56 | 0.62% |
| Rand/€ |
 | 12.31 | -1.24% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1375.22 | -0.19% | 41836.02 | 0.05% |
Johannesburg – Die plaaswerkerstaking wat besig is om die Wes-Kaap lam te lê, het ook nou die Noordwes bereik, met werkers van die suiwelmaatskappy DairyBelle wat ook aan 'n protesoptog vir beter lone wil deelneem.
Die vakverbond Cosatu het vroeër gesê werkers eis ‘n verhoging van R400 per maand.
Die federasie se provinsiale sekretaris, Solly Phetoe, sê betogings teen DairyBelle sal in eensgesindheid met Wes-Kaapse seisoenswerkers wees.
Intussen het die departement van arbeid Maandagaand sy openbare sittings vir die hersiening van plaaswerkers se minimum lone, in Grabouw hervat.
Dit volg nadat stakende werkers Maandag weer gewelddadig teenoor joernaliste en polisiebeamptes op De Doorns geraak het.
Nóg ‘n verslagspan se motor is geteiken, en sommige stakers het selfs polisiebeamptes oorval wat ‘n geteisterde gebied gepatrolleer het.
Die verslagspan was besig om onderhoude met werkers by die Stofland- informele nedersetting te voer, toe die voertuie met klippe bestook is. Niemand is beseer nie.
‘n Ander joernalis se voertuig is verlede week tydens die gewelddadige betoging aan die brand gesteek.
Dié motor, wat behoort het aan Independent Newspapers, is deur die Cape Times-joernalis Xolani Koyana gebruik.
Koyana het gesê hy moes uit sy motor na veiligheid getrek word ná betogers dit met klippe bestook het. Hy en 'n ander verslaggewer was in die motor toe betogers hulle omsingel het en aangesê het om die gebied te verlaat.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA